Geloof wat soek

Die bekende evangelis Billy Graham vertel in sy outobiografie hoedat hy, op die vooraand van die evangelisasie veldtog wat hom beroemd gemaak het, getwyfel het of hy die Bybel wel kan vertrou. Dit het alles begin toe sy beste vriend op daardie stadium, wat saam met hom op Bybelskool was, begin twyfel het aan God … Lees meer Geloof wat soek

Sleutels tot Groot Geloof (1): Die Basis Van Ons Geloof

Die evangelis John Paton was baie jare gelede ‘n sendeling op die Hebrides eilande. Dit word vertel dat hy begin het om die Bybel in die plaaslike dialek te vertaal, maar hy kon net nie die regte woord vind om ‘geloof’ te beskryf nie. Eendag was hy op ‘n jagtog saam met sommige van dorpie se inwoners. Hulle het ‘n groot bok gejag en dit moeitevol met die bergpaadjie af na die dorpie toe gesleep. By die huis aangekom het die jagters hulle op sommige van die dekstoele op die stoel uitgestrek. Een jagter het uitgeroep, ‘Sjoe, dit is lekker om jouself hier uit te strek en te rus!’

John Paton het dadelik opgespring en die man se woorde neergeskryf. In sy finale vertaling van die Nuwe Testament was dit die woord wat hy gebruik het om die idee van vertroue en geloof oor te dra:

“Strek jouself uit op die Here Jesus Christus en jy sal gered word…” Hand 16:31